MEER OOR ONS

Dekor 2000 is méér as net ‘n pa-en-seun onderneming;

dit is ‘n gesinsbesigheid wat handel dryf in verf- en deklaagprodukte vir die Dekoratiewe-, Industriële-, Landbou- en Motorbedryf.

Die besigheid word gedryf deur passievolle mense met ‘n fyn aanvoeling vir kwaliteit, estetika en die toevoeging van waarde tot ons kliënte se lewenstyl.

Die handelsmerke wat ons bevorder, word eers deur ons self getoets. Slegs indien dit aan ons eie hoë standaarde voldoen, word dit aan ons kliënte beskikbaar gestel.

Ons verkoop nie wat ons self nie sou gebruik nie.

Ons visie is om ‘n leier in die verf- en deklaagbedryf van die Noord-Kaap te word. Ons streef daarna om die mees op datum, diensgedrewe verskaffer van verf en deklae te wees – met die beste waarde vir geld, sonder om ooit kwaliteit of werkverrigting prys te gee.