KROKODIL

VEERKRAGTIGE SATYN TEKSTUUR

Kwotasie Berekenaar

Vul asseblief die onderstaande inligting in meters in om te bereken hoeveel jy nodig het.

Hiers wat jy kort:

  • 0 Liters per laag

  • By ’n aanbevole hoeveelheid 2 lae

  • Totaal liters wat jy nodig het: 0 liters

  • Totaal Vierkante Meters: 0

KENMERKE

  • Lae glans medium tekstuur afwerking.
  • Oorbrug fyn haarlyn krake.
  • Versteek geringe onvolmaakthede.
  • Droog tot ‘n buigsame en veerkragtige film vir langtermyn duursaamheid.
  • UV-, vog en swambestand.

WAAR OM TE GEBRUIK

Behoorlik voorbereide en stabiele voorheen geverfde pleister sement, beton, poreuse boustene, vessel sement en gips pleister.

ALGEMENE VOORBEREIDING

  • Alle oppervlakke moet skoon, droog en stabiel wees.
  • Vermy aanwending in nat / vogtige toestande.
  • Vermy kontak met water vir ten mindte 7 dae sodat verf volledig kan kuur.
  • Voorkom aanwending in direkte sonlig, dit lei tot voortydige uitdroog van verf rn laat visuele oorlap merke. Winderige toestande mag ‘n soortgelyke resultaat hê en kan lei tot die afset van stofdeeltjies in nat verf.
  • Die ideale weertoestande en temperature van oppervlakke vir verf aanwending is tussen 10°C – 35°C met ‘n relatiewe voginhoud van onder 75%.
  • Stooitempo is teoreties en gebasseer op gladde oppervlakke.
  • Roer verf met ‘n plat spaan.
  • Aankoop uit dieselfde produksie groep word aanbeveel om konsekwentheid van kleur en glans te behou. “Touch-ups” word nie aanbeveel nie.
  • Verwyder alle los skilfers en stabiliseer oppervlakke met Alkied Pleister.
  • Herstel pleister krake met vooraf gemengde Vul of teël sement / pleister mengsel en H2OBind.
  • Vir die behandeling van kalk en poeierige oppervlakke, wend Pleister / Alkied Pleister aan.
  • Vir die stabiliseing van vogbeskadige, poreuse – en alkalise oppervlakke, wend Alkied Pleister of VogStop aan.
  • Vermy verfaanwending oor oppervlakke met ‘n voginhoud bo 15%, gemeet met ‘n ultrasoniese voglees instrument. Die ideale vlak is 5% of daaronder, gemeet met ‘n gemelde instrument.
  • Voorheen geverfde, onbeskadige oppervlakke kan met suikerseep gewas word en moet deeglik met skoon water afgespoel word.
  • Om bindkag te verbeter, skuur voorheen geverfde stabiele oppervlakke en wens Universeël aan.
  • Vermy was of skuur van nuut geverfde oppervlakke totdat kuurtydperk verstryk het.
  • Laat ‘n kuurtydperk van ten minste 7 dae en vir effektiewe duursaamheid ten mindste 30 dae toe.
  • Voldoen aan Suid – Afrikaanse statutêre lood limiet van 90 of minder.

TEGNIESE SPESIFIKASIE

Produkkode:

kleur:

?

Wit, Pastel, Diep, Helder

Raklewe:

Verpakking:

Beringstoestande:

Roermetode:

12 maande

5ℓ, 20ℓ

Berg in ’n koel/droë plek

Roer met ’n plat spaan

Vlampunt:

Viskositeit:

Spesefieke gewig:

Vaste stowwe per volume:

Vaste stowwe per massa:

Verspreidingskoers:

 

Droë filmdikte:

Nat film dikte:

VOC-vlak:

 

Aan bevele lae:

Nie – vlambaar

112 – 115 KU (by 23°C)

1.40 – 1.45

45 – 50 % (Ongeveer)

58 – 65 % (Ongeveer)

4m²/1ℓ/laag

Afhangende van porositeit, oppervlaktoestande en toepassing toerusting

55µm (aanbeveel)

150µm

±14-16g/1ℓ (Lae VOC) VOC-vlak sal toeneem as dit nie met glikolvry ingekleur word nie kleurstowwe

2

Droogtyd:

Droog om te hanteer:

Oorbedekking:

30min @ 23°C

2 ure @ 23°C

Minimum 2 ure @ 23°C

Toediening:

Skoonmaak:

Borsel, roller

Water

Voorsorg

  • Alle oppervlakke moet skoon, droog en stabiel wees voor verfwerk kan begin. Die oppervlak waarop geverf word, beinvloed die duursaamheid, lewensverwagting en stabiliteit van die verf. Sand en sement mengsels, pleisterwerk, beton en vlaklae moet aan SABS 1090 standaarde en SABS 0164-1 in terme van MPA sterkte. Pleister mengsels moet teen ‘n minimum dikte van 10mm aangewend word en volgens boustandaarde kuur. In gevalle van produk mislukking of skade aan die verffilm veroorsaak deur pleisterkrake, aanvaar VERF nie aanspreeklikheid daarvoor nie.
  • Vermy verfaanwending oor oppervlakke met ‘n voginhoud bo 15%, gemeet met ‘n ultrasoniese voglees instrument. Die ideale vlak is 5% of daaronder, gemeet met gemelde instrument. Dit is die verantwoordelikheid van die verfaanwender om hierdie beperkinge te akkomodeer.
  • Verwyder alle los skilfers en stabiliseer oppervlakke met ‘n alkaliese weerstandbiedende pleister grondlaag verf.
  • Oneweredige pleisterwerk aan binnekant, kan met ‘n laag alkaliese weerstandbiedende pleister grondlaag verf gestabiliseer en sag geskuur word. Aanwending van ‘n laag pleister grondlaag voor aanwending van die toplaag, word aanbeveel. In geval van baie poreuse of bros oppervlakke moet ‘n pleister grondlaag aangewend word voor aanwending van skim mengsel samestelling.
  • Om aanwending te vergemaklik, skuur voorheen geverfde stabiele oppervlakke.
  • Voorheen geverfde, onbeskadigde oppervlakke kan met suikerseep gewas word en moet deeglik met skoon water afgespoel word. Kusgebiede of buite oppervlakke wat meer as 24 uur blootstelling gekry het moet met skoon water gespoel word om sout van die oppervlakke te verwyder.
  • Die oorsaak van vog- en waterskade moet aangespreek word voor verfwerk begin:
  • Opwaartse vogtigheid is die opwaartse beweging van water as gevolg van kapilêre krag in die laer deel van mure en ander sisteme wat uit die grond kom. Die opwaartse beweging gaan selde oor 1.5m.
  • Penetrerende vogtigheid beweeg afwaarts en/of lateraal en mag die resultaat van reën wees.
  • Uitbloei kom voor as ‘n laag wit souterige afskeiding nadat vog uit die verffilm verdamp. Hierdie soutlaag kan die verffilm beskadig en mag lei tot afdop, vlokkerigheid, blase en kleurveranderinge.
  • VERF aanvaar nie aanspreeklikheid vir uitbloei (wit souterige laag), blase, afdop of enige vogverwante tekortkominge nie. Die produk waarborg van VERF sluit skade as gevolg van vog en damp, uit.
  • Roer verf met ‘n plat spaan om ‘n homogene samestelling te verkry. Dit is bevorderlik vir kleur- en film konsekwentheid.
  • Vermy verfaanwending in humiede/nat weersomstandighede. Na aanwending, laat ‘n kuurtydperk van ten minste 7 dae sonder enige reën neerslag, vir effektiewe duursaamheid toe.
  • Die ideale weerstoestande en temperature van oppervlakke vir verfaanwending is tussen 10°C –35°C met ‘n relatiewe voginhoud van onder 75%. Verfaanwending oor koue substrate mag lei tot permanente gaatjies en kraters in die verf film. Verfaanwending oor warm substrate mag lei tot permanente gaatjies en blase in die verf film of die de-laminering van die substraat.
  • Voorkom aanwending in direkte sonlig. Dit lei tot voortydige uitdroog van verf en laat visuele oorlap merke. Winderige toestande mag ‘n soortgelyke resultaat hê en kan lei tot die afset van stofdeeltjies in nat verf.
  • Aankope uit dieselfde produksie groep word aanbeveel om konsekwentheid van kleur en glans te behou.
  • Kleurskakering basisse bevat minder liters as geadverteer.
  • Laat 7 dae toe vir verf om behoorlik droog te word en 30 dae vir volle vermoë te bereik.
  • Verspreidingstempo is teoreties en gebasseer op gladde oppervlakke.
  • Om ondeursigtigheid en geformuleerde glans te bereik, volg gespesifiseerde versprei koers. verSprei koers is die hoeveelheid verf benodig vir aanwending per vierkante meter om die geformuleerde nat en droë film dikte (WFT / DFT), te bereik. Droë film dikte kan gemeet word.
  • Oorverspreiding sal lei tot onderstandaard ondeursigtigheid en inkrimineer die kwaliteit en lewensverwagting van die verf.
  • Ooraanwending van verf sal lei tot opbou van glans, versagting en kraak van die verf.
  • Volg gespesifiseerde oorverf periodes. Premature oorverf mag lei tot onderstandaard ondeursigtigheid, inkrimineer film dikte en finale voorkoms. Temperature het ‘n invloed op droog en oorverf periodes.
  • Gebruik toerusting van goeie kwaliteit (rollers, kwaste ens.) om onderstandaard ondeursigtigheid, vloei, gelykheid en prentlyste te voorkom.
  • Verf van muur tot muur. Vermy mindere opknappings. Dit lei tot onderstandaard ondeursigtigheid, glans en kleur afwykings.
  • VERF waarborg is slegs van krag wanneer alle produkte vervaardig en goedgekeur is deur VERF.
  • Gemengde kleure wat buite VERF se formule Largo’s meng sisteem val, het die risiko van onderstandaard ondeursigtigheid, voortydige verbleiking, UV weerstand, oor of onder kleur of alkaliese uitbarsting. Bekom advies van ‘n professionele VERF agent.
  • Moenie fabrieks standaard kleure verander nie. Dit inkrimineer die produk se lewensverwagting en kan lei tot onderstandaard verbleiking, UV en alkaliese weerstand, kleur en ondeursigtigheid in konsekwensies.
  • Helder kleure speel ‘n belangrike rol in die keuse van kleure. Hoewel VERF produkte vervaardig word met ligvaste pigmente, is sekere helder kleure geneig tot onderstandaard ondeursigtigheid en UV weerstand en mag geneig wees tot alkaliese uitbarsting. Bekom advies van ‘n professionele VERF agent.
  • Kleur verskille as gevolg van uitbloei (wit souterige laag)(alkaliese brand of uitbarsting) is nie gedek onder vroë verbleiking of produk tekortkominge nie.
  • Die kleur, wit, mag ‘n 3de toplaag benodig om volle ondeursigtigheid en uitwissing te bereik.

Gehalte Waarborg

  • 15 Jaar.
  • Vir die BEKRAGTIGING van die gehalte waarborg, geliewe te registreer op ons webtuiste of deur die naaste leweransier. Terme en voorwaardes is van toepassing – vir verdere inligting, besoek die webtuiste te www.verf.web.za.

Gesondheid en Veiligheid

  • Hou buite bereik van kinders.
  • Vermy om te eet, drink of rook gedurende aanwending.
  • Maak voorsiening vir voldoende ventilasie gedurende aanwending en kuring.
  • Skadelik wanneer inwending geneem word.
  • Dra beskermende drag gedurende voorbereiding, aanwending en skoonmaak.
  • Voorkom kontak met oë. Bekom mediese advies indien verf in oë kom of ingeval van irritasie.
  • Vermy kontak met vel. Indien verf in aanraking met vel kom, verwyder met ‘n aanbevole oplosmiddel. Bekom mediese advies in geval van velirritasie.

Vrywaring

  • Spesifikasies en aanbevelings word in goedertrou verskaf om as riglyne te gebruik.
  • Alle informasie spruit uit resultate van toetse asook ondervinding opgedoen.
  • Metode van aanwending, toerusting, toestand van die substraat tydens aanwending beinvloed resultate.
  • Bogemelde is buite beheer van die verfvervaardiger.
  • Veranderende tegnologie beinvloed Tegniese Informasie. Geliewe op hoogte van veranderinge te bly.